Oor Ons
South Cape Coins is een van se belangrike handelaars in skaars munte. Ons bestaan reeds vir net meer as 6 jaar met ondervinding van meer as 14 jaar in die bedryf. Dit stel ons in staat om u, die kliënt, te voorsien van ongeëwenaarde insig in die meganika van die skaarsmuntmark. Ons stel portefeuljes saam van skaars munte van beleggingsgraad vir beleggers wat diversiteit in hulle portefeuljes en ‘n potensieel hoë koers van kapitaalappresiasie soek.
Aan elke kliënt word ‘n eie makelaar toegeken wat aan hom/haar ‘n verpersoonlikte diens sal lewer. Dit sluit in ‘n volledige ontleding van u beleggingsbehoeftes, daaropvolgende aanbevelings, portefeulje-opdaterings en enige tersaaklike inligting in verband met hulle munte.
South Cape Coins spesialiseer in Suid-Afrika se skaarsste munte, insluitende die “Single 9”, Burgerspatrone, die onopgetekende goue pond van 1928 en die Blanko halfpond (die ander proefmunt is deel van die Absa Museum se muntversameling). Gedurende die afgelope 9 jaar het ons direkteur die “Single 9” tweekeer verkoop; eers vir R4.65 miljoen en toe vir ‘n rekord R9,8 miljoen. Om die waarheid te sê, het ons een van SA se skaarsster muntportefeuljes geskep. Ons ondervinding en kennis van die bedryf het ons in staat gestel om ‘n aansienlike inventaris van Suid-Afrika se puikste munte in stand te hou.
Om beide versamelaars en beleggers te beskerm, spesialiseer South Cape Coins slegs in munte wat deur die wêreld se leidende onafhanklike graderingsfirmas – die Professional Coin Grading Service (PCGS) en die Numismatic Guaranty Corporation (NGC) – as eg verklaar en gesertifiseer is.
Ons beleid is om elke kliënt te voorsien van volle vertroulikheid, gratis evaluasies, kundige advies en uitstekende diens. Dus, as u ‘n ernstige belegger of stokperdjieryer is wat in hierdie juwele van die Suid-Afrikaanse geskiedenis geïnteresseerd is, is South Cape Coins u keuse as handelaar.
Dienste wat South Cape Coins aanbied
- Volle kliëntvertroulikheid.
- Gratis evaluasie van kliëntportefeuljes.
- Kundige advies oor kliëntportefeuljes.
- Spoedige, vriendelike, betroubare diens van die hoogste standaard.
Did you know?

The 1898 Single "9" is the most important African coin. Sold by South Cape Coins
Read more »Understanding "No Grade"

Don't get caught out!
A guide to the states of condition that can cause a coin to be rejected for NGC certification.