A PHP Error was encountered

Severity: Warning

Message: date_default_timezone_get(): It is not safe to rely on the system's timezone settings. You are *required* to use the date.timezone setting or the date_default_timezone_set() function. In case you used any of those methods and you are still getting this warning, you most likely misspelled the timezone identifier. We selected the timezone 'UTC' for now, but please set date.timezone to select your timezone.

Filename: libraries/Core.php

Line Number: 277

Muntgradering Verduidelik | South Cape Coins

Muntgradering Verduidelik

 

Muntgradering is die proses om die toestand van bewaring en slytasie van ‘n munt te bepaal. ‘n Algemene wanopvatting is dat gradering slegs die voorkoms van ‘n munt waardeer, terwyl dit in werklikheid op die vlak van bewaring fokus. Die graderingsmaatskappy verseël die munt sonies in ‘n lugdigte plastiekblok wat die munt se kwaliteit bewaar. Hierdie plastiekomhulsel bewaar dit teen verwering en omgewingskade wat ‘n munt kan devalueer.

Munte word waardeer vanaf Swak (wat die laagste graad is) tot Perfek Ongesirkuleer (die perfekte munt), en die meeste munte val iewers tussenin. Die doel van muntgradering is om die markwaarde van die munt te bepaal. Die munt in die beste toestand van bewaring sal byna altyd die hoogste waarde hê. ‘n Klein foutjie op ‘n munt kan ‘n groot verskil in prys beteken, en dit is waarom akkuraatheid by gradering deurslaggewend is.

Muntgradering is belangrik omdat:

  • dit die egtheid van ‘n munt vasstel en die versekering gee dat die munt nie gewysig of verander is nie;
  • dit beskerming teen kontamineerders bied omdat die blok peutervry is en sonies verseël is;
  • die unieke identifikasienommer maklike identifikasie deur die munt se eienaar toelaat;
  • die gradering help om die munt se markwaarde te meet;
  • dit die kwaliteit van ‘n munt waarborg.

Hoe om die Graderings Kapsule te Dekodeer:

Muntgradering Verduidelik

DIE BELANGRIKHEID OM
DIE REGTEGRADERINGS MAATSKAPPY TE KIES

Die graderingsmaatskappy wat u kies om u munt te gradeer en die naam van die maatskappy wat op u gegradeerde munte verskyn is net so deurslaggewend vir die markwaarde van jou munt as die gradering self. Wanneer dit by munte kom (veral Suid-Afrikaanse munte), is die Professional Coin Grading Service (PCGS) en die Numismatic Guaranty Corporation (NGC) die twee agtenswaardigste maatskappye in die bedryf.

Pryse van munte in katalogusse, op webwerwe en van handelaars is almal gebaseer op die graderingstandaarde van hierdie maatskappye, wat streng riglyne volg wat neergelê is deur die American Numismatic Association (ANA). PCGS en die NGC, en het gevestigde reputasies, ‘n hoër konsekwentheid in gradering en ‘n beter vermoë om onegte munte te identifiseer. Wanneer u ‘n kleiner maatskappy kies om u munt te gradeer of ‘n munt koop wat deur ‘n kleiner maatskappy gegradeer is, raai u slegs die werklike waarde. Nuwe graderingsdienste kom gedurig te voorskyn. Sommige van hulle mag eerlike pogings wees om wettige operasies te vestig. Die blokke van die meeste van hierdie dienste bied egter geen meer waarde as ‘n handelaar wat met ‘n potlood ‘n graad op ‘n 2x2 karton-munthouer merk nie. Dus, caveat emptor (koper, wees op jou hoede).

Sommige maatskappye gradeer munte meer toegeeflik as ANA standaarde, wat daartoe kan lei dat niksvermoedende kopers beduidend meer vir ‘n munt betaal as wat hulle andersins sou betaal. Gebruik maatskappye van aansien en u verminder die kanse dat u bly sit met ‘n oorgegradeerde, gedokterde of onegte munt.

Versamelaars en beleggers het meer vertroue in PCGS- en NGC-munte. Hierdie munte het ‘n groter vraag in die mark en dwing hoër premies af. Die graderingsbeleide van hierdie twee maatskappye maak dit moontlik om munte te koop – ongesien – en om vertroue te hê in wat u kry.

WAT IS ‘N PCGS-EGTE MUNT?

Mint Silver Set
Klik op die foto om te vergroot

‘n “PCGS-egte” munt is ‘n munt wat nie gegradeer is nie vanweë een of ander probleem daarmee. In die verlede is munte wat eg maar “ongradeerbaar” was, na die eienaar terug-gestuur, ongegradeer en ongeblok. Nou plaas PCGS hierdie munte in houers sonder ‘n graad, maar slegs met die aanwysing dat hulle eg is tesame met ‘n kode wat verduidelik waarom die munt nie daarin geslaag het om te gradeer nie.

  • “NGC en PCGS is beide in die 2004- en 2006-opnames van lede van die PNG (Professional Numismatists Guild) en ICTA (Industry Council for Tangible Assets) ten opsigte van graderings-akkuraatheid en vermoë om gewysigde, herstelde, beskadigde, skoongemaakte en onegte munte te identifiseer, as ‘superieur’ gewaardeer.
  • ANACS word in die algemeen beskou as meer liberaal met gradering as PCGS of NGC.”
 

Did you know?

Did you know

The 1898 Single "9" is the most important African coin. Sold by South Cape Coins

Read more »

Understanding "No Grade"

Understanding No Grade

Don't get caught out!
A guide to the states of condition that can cause a coin to be rejected for NGC certification.

Download PDF