A PHP Error was encountered

Severity: Warning

Message: date_default_timezone_get(): It is not safe to rely on the system's timezone settings. You are *required* to use the date.timezone setting or the date_default_timezone_set() function. In case you used any of those methods and you are still getting this warning, you most likely misspelled the timezone identifier. We selected the timezone 'UTC' for now, but please set date.timezone to select your timezone.

Filename: libraries/Core.php

Line Number: 277

Afrika se mees belangrike muntstuk verkoop | South Cape Coins

Nuus

 

Afrika se mees belangrike muntstuk verkoop

Walter Fivaz and the Single 9“Koning van Suid-Afrikaanse Muntstukke”, die unieke en historiese 1898 Enkel 9 Pond, verkoop vir ’n rekord multimiljoenrand prys en word deur NGC gesertifiseer.

Die verkoop van Suid-Afrika se skaarsste en mees waardevolle muntstuk, die 1898 Enkel 9 Pond, is verhandel vir ’n ongeëwenaarde multimiljoenrand syfer. Die verkoop, soos die vorige twee verkope van dieselfde muntstuk, is deur mnr Walter Fivaz, hoofuitvoerende beampte van South Cape Coins gefasiliteer. Die koper, wat anoniem wil bly, is oor die maan om so ’n indrukwekkende en belangrike deel van Suid-Afrika se erfenis te besit. Die Enkel 9 word tereg die “Koning van Suid-Afrikaanse Muntstukke” genoem en tel tussen die mees waardevolle skaars muntstukke in die wêreld.

Rare South African Gold Coins - The Single 9Na voltooiing van die transaksie, is die muntstuk dadelik na NGC vir sertifikasie gestuur. NGC is gekies weens hulle bestendigheid in gradering, hul uitgebreide Suid-Afrikaanse numismatiese kennis en die aansien wat NGC-sertifikasie geniet. Die muntstuk is as MS 63 PL deur NGC gegradeer. Die graad van MS 63 identifiseer dit as ’n keur-ongesirkuleerde voorbeeld. Baie muntstukke met so ’n roemryke herkoms is mishandel, en gelukkig het hierdie muntstuk sy oorspronklike oppervlakgehalte behou. Daarbenewens is die velde van die muntstuk spieëlglad wat aandui dat hierdie munt van varsgepoleerde stempels geslaan is. Daarom is dit as PL (“proof-like”) ontwerp, wat aandui dat dit oor sekere van die spesiale kenmerke beskik wat dikwels op uitreikingsmuntstukke gesien word.

“Ons is baie trots om so ’n belangrike historiese muntstuk te sertifiseer. Dit is seldsaam dat ’n muntstuk so ’n belangrike rol speel in kulturele geskiedenis en vir baie jare was hierdie muntstuk beskou as die mees gesogte van alle muntstukke op die Afrika-kontinent”, volgens Ken Krah, NGC visepresident, wat NGC se wêreldmuntgraderingsafdeling bestuur.

Die besonderhede rondom die totstandkoming van die Enkel 9 Pond is een van die boeiendste stories in numismatiek. Die Enkel 9 was die eerste een-pond goue muntstuk wat gedurende die Anglo-Boereoorlog tussen Suid-Afrika en die Britse Ryk in 1899 geproduseer is. Die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek het in daardie tyd legitimiteit die oë van die internasionale gemeenskap gesoek. Een van die beste manier om dit te doen, was om hul eie muntstukke en geldeenheid te vervaardig. Aangesien hulle nie ’n fasiliteit gehad het om stempels vir munte in Suid-Afrika te produseer nie, het die regering met die Duitse Munt gekontrakteer om stempels vir die 1899 munte te skep. Onderweg vanaf Duitsland na die Transvaal, het die Britte die besending stempels onderskep en daarop beslag gelê.

Die regering het egter vasgebyt met hul plan om hul eie muntstukke te maak, en die oplossing was om stempels van 1898 te gebruik en ’n 9 op die bokant van die 1898-gedateerde munte te pons. Die eerste muntstuk is gemaak, maar hulle besef toe dat die 9 te groot is – dit het oor die bors van President Kruger gestrek. Slegs hierdie eerste muntstuk is met hierdie pons gemaak, en alle daaropvolgende munte in hierdie geval is met ’n paar kleiner neges gepons. Hierdie tweede slaan van munte word die dubbel 99 oorslaan genoem, en behels ook ’n skaars en waardevolle Suid-Afrikaanse muntstuk; die Enkel 9 stempel is uniek.

Die eerste muntstuk, die Enkel 9, is onmiddellik aan die VSA se konsul-generaal, C.E. Macrum geskenk as bevestiging dat die Suid-Afrikaanse Republiek ’n onafhanklike land met sy eie geldeenheid is. Twee stukke korrespondensie oor hierdie gebeurtenis, een deur die staat se keurmeester, J. Perrin en die ander deur Macrum self, vergesel vandag nog hierdie wonderlike muntstuk. Macrum het ook ’n klein letter ‘M’ op die afstomping van Kruger se bors op die muntstuk graveer as ’n permanente merk van die munt se herkoms.

NGC se toeskrywing vir hierdie muntstuk sluit die notasie ‘”M” Monogram’ in. Alhoewel die muntstuk deur sy eerste eienaar na die muntslaan gemerk was, is die monogram nie by die toegekende gradering ingereken nie. “Dit is standaardpraktyk vir muntstukke met histories belangrike na-muntslaanmerke”, verduidelik Krah. “Merke soos dit help om die opregtheid van ’n muntstuk te bepaal. Ons glo dat die Macrum-merk aan die onderkant van die bors op die Enkel 9 pond sonder twyfel binne hierdie histories belangrike kategorie val”.

Die volledige afkoms van die muntstuk is betowerend en baie interessant. Nadat Macrum besit van die muntstuk geneem het, is dit moeilik om na te spoor tot en met die veiling van die “Palace Collections of Egypt” in 1954, die versameling van Koning Farouk van Egipte. In die katalogus word aangeteken dat hy die muntstuk ’n paar jaar vantevore in Parys gekoop het. Die muntstuk is saam met 18 ander Suid-Afrikaanse munte uit die Koning se reuse versameling opgeveil. Baldwin’s van Londen het dit namens Dr Froelich van Port Elizabeth, Suid-Afrika gekoop vir die bedrag van 655 Egiptiese ponde.

Die muntstuk het toe in Suid-Afrika gebly. Die volgende geleentheid waar die muntstuk op openbare veiling te koop was, was in die Days Postal Auction No. 9 in 1969, waar dit vir R2,530 verkoop is. In 1983 is dit weer op ’n veiling deur die Phoenix Postal Auction No. 30 vir ’n bedrag van R132,000 verkoop. In 1999, die eeufees van die Anglo-Boereoorlog, is die muntstuk privaat verkoop deur handelaar Walter Fivaz namens mnr Kraay vir R4.65 miljoen. Kort daarna, in 2001, is dit weer privaat verkoop vir R9.8 miljoen. Die jongste verkoopprys, alhoewel onbekend, plaas volgens berigte die muntstuk vierkantig op die lys van transaksies van skaars munte met die hoogste waarde.




« Nuus Artikels Lys


 

Did you know?

Did you know

The 1898 Single "9" is the most important African coin. Sold by South Cape Coins

Read more »

Understanding "No Grade"

Understanding No Grade

Don't get caught out!
A guide to the states of condition that can cause a coin to be rejected for NGC certification.

Download PDF